Kontak
Ons ontvang graag bydrae van enige en alle diegene wat ons grondgegewens deel. Alle voorlegginge sal noukeurig deur die redaksie oorweeg word, en is aan keuring onderhewig. Verwys asseblief na onderstaande riglyne.
E-pos
Johannes.Agur@gmail.com
Lesers is welkom om voorgestelde bydraes vir die joernaal te stuur. Volg asseblief noukeurig die riglyne wat hieronder uiteengesit word, en stuur u bydrae na die bogenoemde e-pos. Indien u nie antwoord van ons ontvang nie, kan u aanneem dat u voorlegging nie aanvaar is nie.
Riglyne vir Voorlegginge
Baie sterk voorkeur sal aan Afrikaanse gedigte gegee word. Indien u gedig buitensporig merkwaardig is, en in ’n ander taal (hetsy Inheemse tale, hetsy Europese tale) geskryf is, sal die redakteurs by vermoë wees om hul diskresie ter aanvaring uit te oefen.
Die manuskrip moet goed versorg wees; stel alle spelfoute reg alvorens u die manuskrip aanstuur.
Die manuskrip wat u instuur moet in Microsoft Word formaat wees. Die titel moet in skynsdruk 11 punt Courier New letteripe wees; enige subtitels/opskrifte in skynsdruk 16 punt Arabic Type setting en die inhoud in gewone 16 punt Arabic Typesetting.
U is welkom om tot en met drie gedigte te stuur. Lengte is na u oordeel oorgelaat.
Vermy vloekwoorde, laster en krutaal. Die waarde van satire en skerpsinnigheid word waardeer, maar dit is egter sonder onguurheid bereikbaar.
Verskaf u volle naam, van, woonadres en kontaknommer saam met u e-pos.
Laat ’n dekbrief u gedig vergesel. Vertel asseblief vir ons meer van u werk en die omstandighede wat daaraan aanleiding gegee het. u Hoef nie ’n lys van vorige publikasies aan te dui nie. Die redaksie beoordeel elke gedig suiwer volgens die meriete daarvan.
Wat ons van u verlang:
Verdere punte vir u aandag:
Indien u gedig deur ons publiseer sou word, sal u alle regte daarvan behou. U sal alleenlik verplig word om erkenning aan Agur as pers van eerste instansie by enige opeenvolgende druk te gee.
Sou u gedig aanvaar word, sal een van ons redakteurs u kontak en enige verdere kwessies met u bespreek. U gedig sal daarna in die eerste beskikbare uitgawe geplaas en publiseer word.
Alle persoonlike inligting wat ons vanaf u bekom sal vertroulik geag word.